DA verwelkom dissiplinêre stappe teen 28 interns

Die DA in Gauteng het die dissiplinêre stappe verwelkom wat teen die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling se hoof-direkteur gedoen is vir die onreëlmatige aanstelling van 28 interns. Die party het vroeër vanjaar kommer uitgespreek oor die departement se onreëlmatige aanstelling van interns. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê hierdie inligting is onthul in ‘n skriftelike antwoord op vrae wat in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê is.