Daar is 68 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig
Die Namibiese gesondheidsministerie het 68 nuwe Covid-19 gevalle in die land
bevestig. Die positiewe koers is 5,2% en die herstelkoers 96%. Dit sluit 13 leerlinge, vyf
onderwysers, twee studente en een gesondheidswerker in. Tans is daar 1 268 aktiewe
gevalle waarvan 125 in die hospitaal en 17 in intensiewe sorg is. 234 418 Mense het
reeds een dosis entstof ontvang, terwyl 145 110 ten volle ingeënt is.