Dag van rou na dodelike skietery

Die Tsjeggiese Republiek het ‘n dag van rou verklaar nadat ‘n 24-jarige student 14 mense vermoor en 25 ander gewond het by sy Praagse universiteit. Owerhede het gesê drie buitelandse burgers was onder 25 gewondes. Die stad se polisiehoof, Martin Vondrášek, het die 24-jarige verdagte se naam bevestig as David K. Die verdagte het glo eers sy pa, wie se lyk by sy huis in ‘n dorp wes van Praag gevind is, vermoor en toe sy aanvalle by die universiteit voortgesit. Die polisie sê die verdagte het homself geskiet toe hy deur beamptes gekonfronteer is.