DBN, handelsforum onderteken ooreekoms

Die Namibië Handelsforum en plaaslike ontwikkelingsbank het ‘n memorandum van verstandhouding bekendgestel ingevolge waarvan die forum uitvoergerigte ondernemings en beginners sal help om vir DBN-finansiering aansoek te doen. Die samewerking is daarop gerig om aansoeke vir DBN-befondsing deur SME’s te versterk omdat die handelsforum klein sakeonderneming bystaan met elemente soos verpakking, etikettering, strepieskodes, produksievermoë en gehalteversekering. Kosmos 94.1 Nuus het met Jeanine Teega, die bemarkings- en kommunikasiebeampte by die handelsforum gepraat.