Die Statebondspele begin vandag, Namibië is ook daar

Prins Charles het die Spele in die Alexander-stadion in Birmingham amptelik geopen. Die openingseremonie het die vele kulture van Birmingham en die Statebondspele gevier. Meer as 5 000 atlete wat 72 nasies en gebiede verteenwoordig sal aan 280 medalje-items deelneem by die Spele wat tot 8 Augustus duur. Die ontvanger van die Nobel-vredesprys, Malala Yousafzai, het ‘n verskyning by die openingsgeleentheid gemaak waar sy gepraat het oor kinders, veral meisies, se toegang tot onderwys: