Die verhoor van 115 aanklagte teen Man City op hande

Sokker: Die Engelse Premierliga se verhoor van Manchester City se 115 aanklagte begin Maandag. City, wat die Premierliga vir ‘n rekordgetal van vier agtereenvolgende seisoene gewen het, word aangekla van die verbreking van finansiële billikheidsreëls oor ‘n tydperk van nege jaar wat in 2009 begin het en tot 2018 geduur het. City ontken die aanklagtes. Indien die heersende kampioene skuldig bevind word, kan van hulle punte afgetrek word wat beteken hulle kan gerelegeer word, of selfs uit die Premierliga geskop word.