Diesel raak op by Gautengse hospitale, klinieke
Die DA in Gauteng sê drie provinsiale staatshospitale hospitale en 71 klinieke se diesel het die afgelope jaar opgeraak. Dit lei tot vertragings met dienslewering, watertekort, diefstal, skade aan toerusting en yskaste wat onklaar raak. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê hospitale is geraak, asook 20 klinieke in Tshwane en 51 klinieke aan die Wes-Rand.