Dimbu sê hy sal appelleer oor Plakkersproklamasie

Dimbulukeni Nauyoma sê hy sal poog om te appelleer in die hooggeregshof nadat ‘n volbank regters sy aansoek om die Plakkersproklamasie van 1985 as ongrondwetlik te verklaar, van die hand gewys het. Regters Boas Usiku, Collins Parker en George Coleman het bevind dat Nauyoma nie voldoende bewyse kon lewer dat die proklamasie sy grondwetlike regte skend nie en kon ook nie ‘n aanduiding gee van watter regte presies geskend word nie. Hy het die saak gebring na ‘n vrou se huis in 2019 in die hoofstad afgebreek is omdat dit onwettig opgerig was.