Drake stel sy 7de album om middernag bekend

Die kletsrymer Drake het sy aanhangers verras met die aankondiging dat sy sewende album, Honestly, Nevermind vanaand om middernag vrygestel word. Sy nuwe musiek volg minder as ʼn jaar nadat sy vorige album, Certified Lover Boy, in September verlede jaar bekendgestel is. Drake se aankondiging volg slegs ure nadat Beyoncé bekendgemaak het haar sewende solo-album sal volgende maand te koop wees. Drake was meer onlangs ook deel van Jack Harlow se nuwe liedjie en musiekvideo, Churchill Downs, wat binne minder as ʼn maand deur 11 miljoen mense gekyk is.