ECB het môre eerste openbare aankondiging oor tariewe

Die Elektrisiteitsbeheerraad kondig oor die jare die grootmaat elektrisiteitstariewe slegs aan wat van toepassing is op NamPower se grootmaat-kliënte soos die streeks-elektrisiteits-verspreiders, bekend as die REDs, plaaslike owerhede, streeksrade en myne. Na hierdie aankondiging sal die NamPower-grootmaatkliënte op hul beurt by die beheerraad aansoek doen vir hul tarief, wat van toepassing is op eindverbruikers van elektrisiteit. In ‘n eerste in sy soort het die beheerraad besluit om hierdie tarief voortaan in die openbaar aan te kondig en te verduidelik hoe dit homself op die verskillende aansoeke toegepas het. Die eerste openbare aankondiging is geskeduleer vir môreoggend om tien-uur by die ECB-huis in die hoofstad.