Eerste vroue-kandidaat vir Republikeinse president in ’24

Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies tydens Donald Trump se bewind beplan om die voormalige president volgende jaar teen te staan in sy poging tot herverkiesing. Nikki Haley het aangekondig dat sy van plan is om haarself verkiesbaar te stel vir die Republikeine se presidensiële benoeming. Die voormalige goewerneur van Suid-Carolina sê sy glo dit is tyd vir ‘n nuwe geslag leierskap. Volgens verigte oorweeg ander hoëprofiel-Republikeine soos Florida se goewerneur, Ron DeSantis, die gewese adjunkpresident, Mike Pence, en Arkansas se voormalige goewerneur, Asa Hutchinson, ook om die wedloop te betree.