Eienaarskap in Namibiese mynbedryf in NV onder die loep

Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het vandag in die Nasionale Vergadering gereageer op vrae wat Joseph Kauandenge van Nudo aan hom gestel het. Kauandenge wou by die minister weet wat die stand van sake rakende die eienaarskap en aandeelhouding in die Namibiese mynbedryf en minerale hulpbronne is. Hy het gesê dit is kommerwekkend dat Namibiërs nie voordeel trek uit hul eie natuurlike hulpbronne nie. Alweendo het met Kauandenge saamgestem en sê die kwessie van buitelandse eienaarskap moet gereguleer word en wetgewing moet in plek wees.