Ekonoom optimisties oor vooruitsigte

Onsekerheid oor die Amerikaanse verkiesings in November het die moontlikheid om verdere wisselvalligheid na globale markte te bring. Daar word egter algemeen verwag dat rentekoerse in die tweede helfte van die jaar in Amerika en ook in Suid-Afrika sal begin daal. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gesels oor die vooruitsigte vir die buurland, en indirek Namibië. Hy is optimisties.

’n Trump-presidentskap kan egter rentekoerse beïnvloed, sê Klein.