Ekonoom verduidelik haalbaarheid van zero-belasting groente
Voedselonsekerheid en wanvoeding is tans ‘n groot probleem in Namibië. Volgens plaaslike berigte is daar sedert die begin van die jaar 137 kinders in die Zambezi-streek se hospitale daarvoor opgeneem met 17 wat dood is. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê daar was tot Junie vanjaar 300 gevalle van wanvoeding in sy streek aangemeld met 26 mense wat reeds dood is. Mense vra hoekom, in die lig van die voedselsekerheidskrisis, die meeste vrugte en groente nie belastingvry is nie, soos in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan Unam gevra of dit haalbaar is en of Namibië dit kan bekostig.