Engelse paaltjievraat weer bo-aan toetsboul-ranglys

Krieket: Engeland se voorste paaltjievraat, James Anderson, is op die ouderdom van 40 weer bo-aan die toetsboul-ranglys. Die naatbouler het sewe paaltjies ingepalm in die oorwinning oor Nieu-Seeland in die eerste toets, en die Australiese kaptein, Pat Cummins, se  bewind van vier jaar-bo-aan die ranglys beëindig. Anderson het tans 682 toetspaaltjies agter sy naam. Hy is derde op die lys van spelers van alle tye en nader Shane Warne se 708, met die Sri Lankaanse draaibouler Muttiah Muralitharan heel bo met 800 paaltjies.