Entstof: dankie vir die skenkings maar ons wil self vervaardig, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê hoewel hulle skenkings en die deel van Covid-19-entstof aan ontwikkelende lande verwelkom, steun hulle die voorstel dat ontwikkelende lande in staat gestel moet word om hulle eie entstowwe te vervaardig en ook regstreeks aan te koop. Hy het die Covid-19-Wêreldspitsberaad op uitnodiging van die Amerikaanse President Joe Biden virtueel toegespreek.