Ernstige bewerings teen die sakereddingspraktisyns van die Guptas se myn gemaak
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika het ernstige bewerings teen die sakereddingspraktisyns van Optimum Coal in Mpumalanga gemaak wat deur die Guptas besit word. Hy sê die sakepraktisyns is vasberade om ‘n verkoopstransaksie deur te voer wat tot gevolg sal hê dat hulle ‘n oortreding van geldwassery ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad sal begaan. Die Daily Maverick berig die NVG wil nou hê ‘n kurator moet toesig hou oor die sakereddingspraktisyns. Hy hoop om die bates te beskerm voor aansoeke ingedien word vir die verbeurdverklaring daarvan aan die staat, as opbrengs van misdaad.