Eskom: Beurtkragfases wissel
Eskom het fase 1 beurtkrag tot vieruur vanmiddag ingestel. Dit sal gevolg word deur fase 3 tot middernag. Daarna word beurtkrag van middernag tot vyfuur môreoggend opgehef, wanneer die land na fase 1 terugkeer. Die krisis-kommunikasiebestuurder van Eskom, Menzi Mngomezulu, sê opwekkings-eenhede by die Arnot-, Kendal-en Kriel-kragstasies is weer in diens gestel.