EU takel stropery en onwettige hout-oeste in Namibië

Die adjunkhoof van die afvaardiging van die Europese Unie na Namibië, Gosia Lachut, het die Namibiese regering versoek om streng maatreëls in te stel om stropery en die onwettige oes van hulpbronne te bekamp. Tydens ‘n bespreking van die EU-afvaardiging oor stropery, ook van Namibië se bosbou-hulpbronne, met die tema ‘Stop Poaching Namibia’s Forestry Resources’, het Lachut die noodsaaklikheid van Namibiese wette beklemtoon om streng maatreëls af te dwing ten einde die voortdurende stropery en die onwettige oes van hulpbronne te voorkom. Lachut sê een vyfde van Namibië se bosbou-hulpbronne is oor die afgelope 30 jaar verlore. Sy het die verlies hoofsaaklik toegeskryf aan veldbrande, landbou-aktiwiteite en onwettige hout-oeste. Kosmos 94.1 Nuus het met die bosbou-direkteur in die omgewingsministerie Johnson Ndokosho gesels vir sy reaksie…