Europese burgers wil onafhanklik wees van Russiese energie
Sowat 84 persent van die Europese Unie se burgers stem saam dat afhanklikheid van Russiese energiebronne so gou as moontlik moet verminder. Dit is volgens ‘n nuwe Eurobarometer-opname. EU-burgers toon ook oorweldigende steun vir die versnelling van die energie-oorgang met opmerklike beleggings in hernubare energie. Volgens die opname is 85 persent Europeërs oortuig dat indien die energiedoeltreffendheid van geboue, vervoer en goedere verbeter word, Europa minder afhanklik sal wees van energieverskaffers buite die Europese Unie.