Europese Kommissie gee waterstof-ekonomie ‘n hupstoot
Die Europese Kommissie het ‘n gesamentlike verklaring met belanghebbendes onderteken om die Europese Unie se waterstof-ekonomie ‘n hupstoot te gee. Die verklaring plaas klem op die belangrike rol van navorsing en innovering rakende hernubare waterstof. Mariya Gabriel van die kommissie sê jare se ondersteuning aan navorsing oor waterstof het die EU ‘n wêreldwye voorsprong gegee wat betref deurslaggewende tegnologie oor waterstof, veral oor elektroliseerders, waterstof-vulstasies en brandstof-selle wat energie in megawatt kan lewer.