Exxon Mobil vertoon baie goeie wins, US$36 miljard
Exxon Mobil het baie beter vertoon as wat verwag is en het 36 miljard Amerikaanse dollar in wins verklaar. Olie-maatskappye sukkel die afgelope tyd en het verlede jaar omtrent ‘n derde in gemiddelde winste verloor. Exxon het opportunisties en versnelde booraktiwiteit in sy twee kernolieproduksiegebiede, die Amerikaanse Permiese-bekken en Guyana toegepas en het ook met litiumproduksie begin om elektriese voertuigbatterye te voorsien.