F1 kyk na hitte-beheer na Katar
Die Internasionale Motorsportfederasie, sê hy het begin met die ontleding van die Formule Een Grand Prix in Katar in ‘n poging om aanbevelings vir toekomstige situasies van uiterste weertoestande te verskaf. Renjaers het verlede naweek in uitmergelende hitte in Katar deelgeneem met Estaban Ocon van Alpine wat gesê het hy het naar geword tydens die wedren. Lando Norris van McClaren het die wedrentoestande as te gevaarlik beskryf. Die federasie sê moontlike maatreëls kan modifikasies aan doeltreffender lugvloei in die kajuit insluit asook aanbevelings vir verandering aan die program om in aanvaarbare weerstoestande plaas te vind.