FirstRand Namibia groei met 36%
FirstRand Namibia se verdienste vir die ses maande geëindig 31 Desember 2022 het met 36 persent tot 845 miljoen Namibiese dollar toegeneem. Die plaaslik genoteerde groep se jongste tussentydse resultate is vandag gepubliseer. ’n Totale kontant-dividend van 396,55 sent per aandeel is vir dié ses maande verklaar, bestaande uit ‘n tussentydse gewone dividend van 209,70 sent en ’n spesiale dividend van 186,85 sent.