FlyNamibia trek beswaar teen Fly Etosha Airways-aansoek terug

FlyNamibia het hul beswaar teen die aansoek om die lugvervoer-lisensie deur Fly Etosha Airways van die voormalige Air-Namibia kaptein William Ekandjo teruggetrek. Die uitvoerende direkteur van FlyNamibia, André Compion sê in ‘n mediaverklaring hy is verras oor die venyninge negatiewe reaksie van die publiek. Hy sê hul bedoelings was nooit om Fly Etosha Airways te veroordeel nie, maar op die beperkinge van die aansoek te wys. Hy sê die Vervoerkommissie kan Fly Etosha Airways se aansoek op hul eie meriete evalueer.