Geduldige kolfwerk van Aussies werp vrugte af
Krieket: Geduldige kolfwerk het vrugte afgewerp vir Australië in die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande op die Waca in Perth. Kaptein Pat Cummins het besluit om eerste te kolf in warm en droë toestande en die Aussies het die dag in ʼn baie goeie posisie afgesluit met 293 vir net twee paaltjies. Die gebore Suid-Afrikaner, Marnus Labuschagne, is onoorwonne op 154 en Steve Smith en Usman Khawaya het albei vyftigtalle bygedra. Die tweede en laaste toets begin volgende Donderdag op die Adelaide Oval.