Geestesgesondheid in SA begroting afgeskeep
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters is ontevrede oor die begrotingstoekenning vir geestesgesondheid. Die organisasie glo die deel uit die begroting is glad nie toereikend nie aangesien slegs 5 persent van die gesondheidsbegroting vir geestesgesondheid aangewend word. Volgens ‘n spesialis, dr. Alicia Porter, ly een uit elke drie Suid-Afrikaners aan geestesongesteldheid, met 75 persent wat nie toegang tot behandeling het nie. Porter verduidelik daar is veel ernstiger gevolge vir onbehandelde geestesongesteldheid.