Geingob vertrek môre na Luanda vir SAOG-beraad
Namibiese President Hage Geingob sal as voorsitter van die SAOG-orgaan oor politiek, verdediging en veiligheid-samewerking, die 43ste Gewone SAOG-beraad van staatshoofde in die Angolese hoofstad Luanda bywoon. Die tema van die beraad is “Human and financial capital: The key drivers for sustainable industrialisation of the SADC Region.” President Geingob sal sy voorsitterskap van die orgaan-troika aan die inkomende voorsitter, President Hakainde Hichilema van Zambië oorhandig. Altesaam 16 staatshoofde sal die beraad bywoon. Geingob vertrek môre na Luanda en sal Donderdagaand weer na Windhoek terugkeer.