Geingos gesels oor veldtogte op Wêrelddag vir Vigs

Die presidentsvrou van Namibië Monica Geingos herdenk vandag saam met ander presidentsvroue van Afrika, die Afrika-unie en UNAIDS die Wêrelddag vir Vigs wat jaarliks op 1 Desember gevier word. Geingos sê dat veldtogte om die impak van MIV op vroue en kinders aan te spreek, suksesvol voltooi is en hulle beplan om nog ‘n veldtog in 2023 van stapel te stuur.