Geregtigheid het geskied in Bester-saak

Familielede van Katlego Bereng, wie se verbrande liggaam in Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum gebruik is, het die hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak verwelkom om Nandipha Magudumana se dringende aansoek oor haar uitlewering uit Tanzanië te verwerp. Regter Phillip Loubser het in sy uitspraak verklaar Magudumana was bewus was van die aanklagte waarop sy tereg sou staan toe Tanzaniese owerhede haar aan Suid-Afrika oorhandig het. Die familie se verteenwoordiger, Popie Bereng, sê geregtigheid het geskied.