Gholfdag vir Afrikaans ‘n reuse-sukses

Netwerk Namibië se gholfdag in en vir Afrikaans was ‘n reuse-sukses én hulle het geld vir Afrikaans gemaak. Die doel van die gholfdag was om te help met fondsinsameling vir Netwerk se taal- en kultuurbedrywighede en sy projekte, wat ook studiebeurse en hul onderwyshulpfonds insluit. Elizma Theron van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit was omtrent ‘n prettige dag waar gholfspelers se Afrikaans ook getoets was.