Giwusa eis ANC-regering moet alle bande met Israel verbreek

Die algemene werkersvakbond in die buurland, Giwusa, doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om alle bande met Israel te verbreek. Dit volg op aanvalle op Palestyne in die Al Aqsa-moskee tydens Ramadan. Abeedah Adams van Giwusa sê die vakbond eis dat die regering Israel se ambassadeur en alle ander diplomatieke personeel die land moet verbied, diplomatieke betrekkinge met Israel moet opskort, en Suid-Afrikaners wat in Israel se weermag dien, moet vervolg en in die tronk stop: