Gordhan se bydrae to SA geweldig: ActionSA
ActionSA sê die voormalige minister van Staatsondernemings, Pravin Gordhan se bydrae tot Suid-Afrika was geweldig. Hy is vanoggend in ‘n Johannesburgse hospitaal oorlede. Lerato Ngobeni van ActionSA sê Gordhan was tydens sy ampstermyn as finansminister bekend vir sy ferm standpunt oor fiskale dissipline en sy stryd teen korrupsie. Sy sê as minister van Staatsondernemings het hy hard gewerk om staatsbeheerde ondernemings te stabiliseer.