Griekeland kondig drie dae van rou af
Griekeland het drie dae van rou afgekondig nadat 36 mense dood is toe twee treine teen mekaar gebots het. ‘n Passasierstrein wat van Athene na Thessalonika in die noorde van die land onderweg was, het buite Larissa teen ‘n goederetrein gebots. Daar was 350 passasiers op die trein. Reddingswerkers het vyf ure na die botsing steeds liggame uit die wrakstukke gehaal.