Griekse vervoerminister bedank ná treinbotsing
Griekeland se minister vir infrastruktuur en vervoer, Kostas Karamanlis, het bedank ná die dodelike botsing tussen twee treine. Minstens 36 mense is dood en talle beseer in die ramp naby die dorp Tempe in sentraal-Griekeland. Karamanlis beskryf sy bedanking as politieke verantwoordelikheid en sê dit was onmoontlik om voort te gaan en voor te gee dit het nie gebeur nie. Die eerste minister Kyriakos Mitsotakis het die ongelukstoneel besoek om self die verwoesting te aanskou en het beloof om uit te vind wat die oorsaak van die ongeluk was.