GRN moet N$35 miljard soek in die volgende paar jaar vir lenings
Die Namibiese tesourie ontwikkel ‘n strategie vir die terugbetaling van 35 miljard Namibiese dollar se lenings wat oor die volgende vier jaar gaan verval en sê hy sal verskeie strategieë toepas om aflossing te verseker. Hierdie strategie kan blykbaar selfs daartoe lei dat die staat nuwe lenings aangaan om betalings te maak. In sy nasionale begrotingsrede het minister van finansies, Ipumbu Shiimi, gesê dat staatskuld na verwagting 150 miljard dollar sal beloop gedurende die 2023/24-boekjaar. Die stigter van High Economic Intelligence, Salomo Hei het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.