Grondwethof verwyder diskriminasie teen buite-egtelike kinders

Die Konstitusionele Hof het Artikel 10 van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes in die buurland ongrondwetlik verklaar. Dit onderskei tussen kinders wat binne of buite die eg gebore is. ‘n Meerderheid het bevind dit beperk op onregverdige wyse die regte van ‘n ongetroude pa om sy kind onder sy van te registreer. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het verskil en ‘n minderheidsuitspraak gemaak.