Grootste gogga ooit, 326m jaar oud, ontdek
‘n Fossiel van ‘n reuse-duisendpoot wat op ‘n strand in die noorde van Engeland gevind is, toon dat dié veelpotige die grootste insek op aarde was met ‘n beraamde lengte van 2,6 meter. Die fossiel is in Januarie 2018 in ‘n stuk sandsteen ontdek wat van ‘n krans af op die strand by Howick Bay in Northumberland geval het. ‘n Paleontoloog, Neil Davies, sê dit was so groot dat vier mense dit teen die krans uit moes dra. Die versteende oorblyfsels van die wese met die wetenskaplike naam Arthropleura, is ongeveer 326 miljoen jaar oud en dateer uit die Karboontydperk – meer as 100 miljoen jaar vóór die voorkoms van dinosourusse.