Guterres doen beroep vir einde aan geweld in Midde-Ooste
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dit is tyd om die wrede kringloop van bloedvergieting, haat en tweespalt in die Midde-Ooste te beëindig. Die aanval deur die militante Hamas-groep en Israel se reaksie daarop het aan beide kante meer as ʼn 1 500 dood en duisende beseer gelaat. Guterres het by die VN-hoofkwartier in New York gesê Israel se wettige behoefte aan veiligheid moet realiseer en Palestyne moet ʼn duidelike perspektief sien vir die vestiging van hulle eie staat: