Halfmens-vetplante staar uitsterwing in die gesig
Die ikoniese Halfmens-vetplant wat net in die Richtersveld in die Noord-Kaap en dele van Namibië aangetref word, word deur uitsterwing weens klimaatsverandering bedreig. Sowat 80-persent van die Halfmens, ook bekend as Pachypodium Namaquanum, het reeds gevrek weens ‘n erge droogte tussen 2016 en 2022. ‘n Botanis, Piet van Wyk en die Nama-gemeenskap benadruk die plant se kulturele betekenis en die dringende behoefte aan bewaring want onwettige versameling bedreig ook sy oorlewing.