Hamas-hoof in Jenin ‘uitgeskakel’: Israeliese weermag
Die Israeliese weermag sê hulle het die hoof van Hamas in Jenin en twee ander vegters doodgemaak, terwyl ‘n groot operasie vir ‘n derde dag in die noorde van die besette Wesoewer voortduur. Israeliese veiligheidsmagte het Wissam Khazem in ‘n voertuig teëgekom en uitgeskakel, en toe lugaanvalle op “twee bykomende terroriste uitgevoer terwyl hulle probeer vlug het”, lui ‘n verklaring. Palestynse media berig dat Israeliese magte aan Tulkarm onttrek het nadat hulle erge skade aan geboue en infrastruktuur in vlugtelingkampe aangerig het.