Heropening van skole in Zim onbepaald uitgestel
Die heropening van skole in Zimbabwe is onbepaald uitgestel weens die toename in Covid-gevalle gedryf deur die Omikron-variant, het President Emmerson Mnangagwa in sy Nuwejaarsboodskap gesê. Skole sou aanvanklik op 10 Januarie heropen het.