Herstelwerk begin nou aan Kaapse Parlementsgebou

Die Suid-Afrikaanse Parlement sê bouwerk aan geboue wat in 2022 deur die brand geraak is, sal vanjaar in die eerste kwartaal begin en behoort teen die einde van volgende jaar voltooi te wees. Dit was Dinsdag twee jaar sedert ʼn brand die gebou van die Nasionale Vergadering verwoes het. Dit sluit die saal en honderde kantore in. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê elke Suid-Afrikaner sal geleentheid kry om hul mening te gee en by te dra tot die besluitnemingsproses wat die ontwerp en funksionaliteit van hulle Parlement betref: