Hoe doen Namibiërs inkopies? 

As die Covid-pandemie en die inperking ons nie lesse geleer het nie, dan sal niks. Die wêreld leef op die oomblik in ekonomiese onsekerheid en mens weet nooit wanneer die volgende pandemie of ramp weer die wêreld se sal tref nie. Namibiërs is bekend as groot spandeerders tydens geleenthede soos Swart Vrydag of die feesseisoen. Die vraag is of ons koop omdat ons hierdie items nodig het of net omdat ons geld het om te bestee. Vergelyk ons ooit pryse voordat ons koop? Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiërs gesels om uit te vind hoe hulle inkopies doen.