Hoë voorkoms van Delta wek kommer in SA

Lede van Suid-Afrika se Covid-19-ministeriële advieskomitee is na wat berig word bekommerd oor ‘n moontlike hernieude uitbreking van besmettings deur die Delta-variant van die koronavirus in die buurland. Media berig dat mense in die binnekring sê daar is ernstige kommer dat die variant die vyfde vlaag wat tydens die winter verwag word, kan vererger. ‘n Toename in die aantal gevalle van die Delta-variant kan moontlik beteken daar is ‘n nuwe gekombineerde variant in die volgende vlaag. Plaaslik is gevalle uiters laag maar die gesondheidsminsiterie doen geen toetse op positiewe gevalle om variante te bevestig nie. Daar is sewe pasiënte tans in die hospitaal met een in hoësorg. Aktiewe gevalle staan op 162.