Hongkongse hof vonnis pro-demokrasie-aktivis tot 15 maande tronkstraf
‘n Hof in Hongkong het ‘n 36-jarige advokaat en pro-demokrasie-aktivis vandag tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir die organisering van ‘n onregmatige byeenkoms om slagoffers te huldig wat in 1989 dood is in China se onderdrukking van betogings op Tiananmen-plein. Dit is Chow Hang Tung se tweede skuldigbevinding oor ‘n verbode nagwaak. Chow dien reeds 12 maande tronkstraf uit vir die nagwaak wat sy in 2020 probeer reël het, maar vyf maande van haar nuwe vonnis sal gelyktydig uitgedien word, wat beteken dat sy altesaam 22 maande agter tralies sal deurbring.