Hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep in Namibië bevestig
Die direktoraat van veeartseny in die Namibiese landbouministerie het amptelik vir die eerste keer in die geskiedenis die hoogs aansteeklike H5N1 voëlgriep onder seevoëls langs die kus by Walvisbaai en Swakopmund bevestig. Dit volg na vrektes van 200 kormorante en twee pelikane waargeneem is. Die kantoor van die staatsveearts het monsters van die dooie seevoëls geneem en ontleed. H5N1 hou ‘n baie groot risiko vir die land in, omdat persone wat aan die voëls gevat het, ander voëls of mense kan besmet. Boere en die publiek word gevra om dadelik die naaste staatsveearts te kontak indien siek of dooie voëls opgemerk word. Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie maan hoe gevaarlik voëlgriep is.