Hotspurs & toerisme – beskerm fluitjieblasers!
Die DA is ontstoke oor Suid-Afrikaanse Toerisme wat ‘n forensiese ondersoek van stapel wil stuur oor die uitlek van raadbesprekings. Dit na dit aan die lig gekom met die nuus dat daar oorweeg word om ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand te belê in Tottenham Hotspurs vir bemarking vir die land. Manny de Freitas, die DA se skaduminister vir toerisme sê alles moet gedoen word om fluitjieblasers te beskerm.