Hulde aan Frans Marx

Boodskappe van meegevoel en empatie word ontvang met die dood van die bekende Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur, vervaardiger en akteur Franz Marx wat op 78-jarige ouderdom in die Pretoria-Oos-hospitaal oorlede is. Sy broer, Johan, het hom in Augustus in Stellenbosch gaan haal om by hom in Pretoria te kom aansterk nadat hy vroeg in Julie positief getoets het vir Covid-19. Marx het daarna stadig agteruitgegaan. Hy laat sy broer, skoonsuster, seun, dogter en ‘n kleinkind agter. Marx was die skepper van die sepie, Egoli en televisiereekse soos Agter Elke Man. Hy het ook in verskeie flieks gespeel, waaronder seker die bekendste die hoofrol in Danie Bosman wat hy teenoor Min Shaw vertolk het. Leon van Nierop, Suid-Afrikaanse skrywer en rolprentresensent het Franz goed geken.