Hulp vir twee hawelose kinders op Swakopmund
Die Swakopmundse munisipaliteit is onlangs bewus gemaak van ‘n ontstellende video wat op sosiale media versprei is van twee kinders wat in ‘n vervalle toestand woon in ‘n tydelike skuiling met geen dak nie en slegs ‘n enkele kombers om hulle snags teen die winterkoue warm te hou. Die raad verleen tans hulp aan die kinders. Organisasies en inwoners kan die burgemeester se kantoor kontak om hul bystand te verleen. Die munisipaliteit se skakelbeampte Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…